• NGH4
  • NGH2
  • NGH3
  • NGH1

SV Kersboom

Vanjaar het die sonskynkinders omtrent kersfees gehou!Die opgewondenheid was tasbaar en te danke aan menige liefdevolle harte en omgee lidmate kon ons in hul behoeftes en nog meer voorsien!

Die pragtige toegedraaide kersbokse het nie net vol beloftes ingestroom nie maar die inhoud het behoorlik ons asems weggeslaan!Baie baie dankie aan elke lidmaat wat bygedra het tot ons kerspartytjie!Die geskenkbokse het verrassings gehad wat met sorg uitgesoek,gekoop en verpak is.Wonderlike enkelbydraes soos eetgoed,toiletware en is ook ontvang!Baie dankie!

Die Here se genade en liefde het hierdie jaar in oorvloed op behoeftige kinders in Sonskynvallei neergedaal.Dankie ook vir die geldelike bydrae wat ons in staat gestel het om aan elke kind ook n worsrolletjie te kon verskaf.

Spesiale mense soos ds Gerhard en Elise se toewyding,liefde en omgee is van die grootste kerspersente!Ons het gesing,dans en vrolik gewees tot eer van die Here!

Nuwe hoop en liefde kon die kleinste kinderhart vul - die grootste geskenk ooit!

Nogmaals baie dankie!Geseende kersfees!

Mariaan Meyer